Orion Group

 

Orion smee vennootskap met oog op uitbreiding

Elma Kloppers,

As deel van ’n omvattende uitbreidingstrategie het Orion Hotels & Resorts ’n strategiese vennootskap aangegaan met Orion Hotels Inc. wat in Houston in die VSA gesetel is.

Die oogmerk van dié vennootskap is om verkryging- en ontwikkelingsgeleenthede in die VSA, Kanada, Mexiko en die Karibiese Eilande na te streef.

Mnr. Sergio Ortiz, stigter en uitvoerende hoof van Orion Hotels Inc., sê die twee groepe beoog om hul pogings, netwerke en hulpbronne te kombineer om ’n globale handelsnaam te vestig.

Orion Inc. se bedrywighede sluit in batebestuur en konsultasie, ten volle geïntegreerde verkrygings, luukse hotel en oord-bestuur en -ontwikkeling en bemarking.

Volgens mnr. Franz Gmeiner, uitvoerende hoof van Orion Hotels & Resorts, beskik albei ondernemings oor die vermoë om geleenthede ten volle te benut. Die groep se portefeulje sluit onder meer in die Orion Hotel Devonshire in Johannesburg, Orion Mont-aux-Sources in die Drakensberge, Orion Piggs Peak in Swaziland, Orion Promenade in Nelspruit en Orion Safari Lodge in Rustenburg.

Hy sê die verkrygingstrategie van die groep behels om bestaande hotelle met ’n goeie geskiedenis te verkry en dan nuwe lewe daarin te blaas.

Die groep fokus op plaaslike en internasionale uitbreidingsinisiatiewe en beoog om binne die volgende vyf jaar 25 hotelle in Suider-Afrika te bestuur.

 

Back to Orion in the News